2010 MTN VARINGFEES
GAAN ROCK
Brackenfell
in die Wes-Kaap gaan op 5, 6 en 7 November weer
rock met die jaarlikse MTN Varingfees, wat
van die land se beste Suid-Afrikaanse kunstenaars
sien optree ten bate van die gemeenskapsprojekte
van die Brackenfell Proteahoogte NG Kerk.
Die MTN Varingfees vind plaas by Brackenfell
Hoërskool se terrein en sien MTN se vierde
jaar van betrokkenheid by, wat die ambassadeur
van die Varingfees, Pedro Kruger, bestempel
as die beste musiekfees in die land.
“Wat begin het as ‘n klein gemeenskapsprojek
sewe jaar gelede met 6000 ondersteuners het
gegroei na ‘n massiewe fees van familievermaak
wat meer as 20 000 mense verlede jaar gelok
het,” sê Anthony Garstang, senior
borgskapbestuurder by MTN SA.
“MTN is passievol oor Suid-Afrikaanse
musiek en voel dat die MTN Varingfees ‘n
ongelooflike geleentheid is om musiek in die
streek uit te bou en mense van regoor die land
te kry om hulself te geniet in ‘n veilige
omgewing,” sê Garstang.
Die MTN
Varingfees is uniek in die sin dat daar geen
alkohol verkoop word nie en dus kan
ouers die fees bywoon met die wete dat hul
kinders in ‘n ontspanne, veilige omgewing
kan speel.
“Bo en behalwe die wonderlike kunstenaars
wat oor die twee dae by die fees gaan optree,
sal daar ook vele ander vermaaklikhede wees,
soos ‘n vlooimark, ‘n verskeidenheid
van vermaak vir die jonger geslag en talle
kosstalletjies wat die feesgangers kan besoek” sê Garstang.
|