www.mtn.co.za
 

Gee vir ons jou terugvoering oor die Varingfees. Voorstelle, klagtes en kommentaar...ons wil dit hoor!!

Gee Kommentaar

Kommentaar

varing@varingfees.co.za skryf...
Vir al die mense wat wonder oor Steve, Dis nie dat hy nie meer die fees bywoon nie - hy was bloot net nie beskikbaar nie
Groete
Feeskomitee
Gepos op August 23, 2010 - 15:48:56
vwykrita@telkom.net skryf...
Baie mense wil weet hoekom Steve Hofmeyr nie meer die fees bywoon nie. Ek weet van baie mense wat sal kom as hy optree.

Rita Kuilrivier
Gepos op August 12, 2010 - 20:28:46
rynok@foschini.co.za skryf...
Ai lekker dis weer Varingfees tyd... gaan daar weer al is die weer ook hoe... lekker kunstenaars.
Kan nie wag vir Bobby van Jaarsveld die Sondag oggend nie, mense kan gerus die Sondag ook moeite doen om daar te wees. Dis gratis en net so goed soos die vorige dae. Sien almal daar.
Gepos op July 21, 2010 - 10:47:44
7663@paarlgirlshigh.org.za skryf...
Kan flip a coin nie join nie?
Gepos op July 15, 2010 - 14:28:12
7663@paarlgirlshigh.org.za skryf...
Omw!!!! Great kunstenaars hierdie jaar! Sien sommer meer uit daarna....hoop net die weer speel saam die keer hehe
Thanx☺
Gepos op July 15, 2010 - 14:23:55
roanda@mweb.co.za skryf...
Nicholis tree die naweek van die 4de Desember by 'n fees in die Paarl op. Die kontrak wat die feeskomitee met hom (en Romanz, Heinz Winckler en meer) het, verhoed hulle om by die Varingfees op te tree aangesien die Varingfees te naby aan hulle fees is.
Gepos op July 13, 2010 - 14:31:26
cjooste@msn.com skryf...
Kan julle nie dalk vir Nicholis Louw kry nie groot asb.? Verder lyk die kunstenaarlys goed.

Nicholis Fan
Gepos op June 1, 2010 - 12:35:20
hettagerber456@gmail.com skryf...
Ons sien Baie uit na die jaar se Fees! Die Kunstenaars wat optree lyk goed! Ons kan veral nie wag om die pragtige Priscilla vir die eerste keer hier te he nie...en dan ook ouder gewoonte vir Theuns en Bobby!! Welgedaan Varingfees....ons tel al die slapies af!
Gepos op May 27, 2010 - 09:18:59
cornelgeldenhuys18@gmail.com skryf...
Die Varingfees is altyd baie lekker !!! Ek sien altyd baie na die fees na die Rittel ! DJ Ossewa en Wicus van der Merwe groot seblief !!! Ek sien julle weer hierdie jaar maak nie saak wat die weer gaan wees nie !!! Ek het tog te lekker nat gereen laasjaar en nog in die ry gestaan om vir Bobby hallo te sê. Hy het lekker gelag vir die natgereende hoender !!!
Gepos op May 13, 2010 - 14:40:03
SonikaTinkyLourens@yahoo.com skryf...
kan ons hugo nieuwoudt by die varing fees kry om op te tree asseblief
Gepos op March 26, 2010 - 09:34:22
honeyacc-kvr@polka.co.za skryf...
Jammer ek respond so laat, maar as jong opkomende sangeres was dit vir my 'n eer om op tree by die Varingfees. Daar was na die kleinste detail omgesien om my spesiaal te laat voel. Dankie Varingfees Komitee, klank ingenieurs en veiligheid. As julle vir my so spesiaal laat voel het, hoeveel te meer sou julle nie vir die groot name gedoen het nie. Gaan so voort. GOD BLESS vir 2010 se reelings.
Karla van Reenen
Gepos op January 15, 2010 - 12:19:04
mariana.kroese@gmail.com skryf...
Baie dankie vir nog 'n wonderlike fees. Dankie vir die gehalte van en groot versekidenheid kunstenaars wat ons wel die Vrydag en dan die grootste deel van Saterdag gesien het nie. Ja, ons was teleurgesteld, maar daar is ander geleenthede om die kunstenaars te sien wat ons wel gemis het. Ons het vanaf Saterdagoggend 7:00 by die fees gewees en het eers geloop toe Pedro kom afkondig (om 17:00) het dat dit regtig verby is. Dit is die eerste keer in vier jaar, wat dit op die fees gereen het, so se liewer dankie vir die ander kere. Vorige jare het ons amper doodgebrand in die son en toe het die mense daaroor ook gekla. As die mense nie bereid is om die elemente te trotseer nie, moet hulle maar by Metro of ietsie gaan fliek. Dankie vir puik reelings en 'n uithaler fees, ons sien al weer uit na volgende jaar.
Gepos op November 20, 2009 - 13:16:06
zhuanb@gmail.com skryf...
Ai mense, duidelik het niemand nog aan die praktiese implikasie gedink as julle praat van markiestente ens nie. Die verhoog is 8 meter hoog. Ja - julle lees reg - enige tent se opening sou teen die onderkant van die verhoog oop wees en sou niks kon sien nie - daar is net een tent konstruksie wat booor die verhoog kan gaan - dit moet afkom van Johannesburg - vat meer as 'n week om op teslaan met 'n hyskraan en as iemand die ongeveer 1 miljoen rand het vir sy huur glo ek die feeskomitee sal dit onmiddellik boek en julle uiters dankbaar wees vir die borgskap. Natuurlik het die mense probeer om 'n plan te maak, maar weens die feit dat geen tentstruktuur 'n oplossing kon vind nie sou afstel die enigste alternatief wees, en al die kunstenaars is reeds klaar betaal. Ten minste is 20 van die 25 kunstenaars gesien so hou nou op kla. 'n fliek en popcorn kos al R100.00!
Gepos op November 13, 2009 - 14:33:49
juan@meshco.co.za skryf...
Aan toua,

Net soos wat ons komplimente kan uitdeel, mag daar ook kritiek gelewer word waar dit verdien word. Ek het die maandag al die feeskomitee gevra wat hulle gaan doen as dit reen, aangesien al wat n weervoorspelling gese het dit gaan definitief die naweek reen. hul antwoord was eenvoudig "the show must go on". Dit was naief van hulle. ja dit is n buitelugfees en dit is lekker buite, maar nie as dit sous van die reen en die wind stormsterk waai nie. Daar is mense wat van ver gekom het en hulle hele gesin gebring het, en as daar voorsiening gemaak was, sou hulle ook die fees kon geniet het, maar daar was nie.
Andersins kla ons nie oor die fees nie, maar hulle kon voorsiening gemaak het. En mens kan dit nie wegredeneer nie!
Gepos op November 12, 2009 - 08:50:20
toua@iburst.co.za skryf...
Ek dink julle wat so kla het met een oor geluister, soos altyd, toe Pedro gese het die fees moet ongelukkig eindig! Daar was veiligheids risiko's met die krag en reen. Ons moet eerder dankie se dat hul die besluit gemaak het en aan ons veiligheid gedink het! Ek is seker dit was vir die organiseerders net so moeilik en teleurstellend!
En ja, 'n tent kon seker gereel gewees het maar die weer voorspellings verander elke dag soos die "weer" en mens kan nie altyd presies daarvolgens beplan nie. En sover ek dit verstaan is dit 'n opelug/buitelug fees. As jy nie van die butielug hou nie moenie na so iets gaan nie! Die meerderheid gaan na so 'n fees en trotseer die elemente, want dit is vir hulle lekker! Veral as jy heeldag tussen 4 mure sit! En 'n tent word nie net 123 opgeslaan nie en hulle le nie net daar iewers in 'n stoor en wag om gebruik te word vir as..... nie! Dit word maande voor die tyd bespreek! Nie 'n week nie!
Die groot wit kos tent se kos was uit die boonste rakke! Die kinder vermaak was gr8.
Gepos op November 11, 2009 - 22:15:12
ilze@gosc.co.za skryf...
Ek stem saam dat ander mense dat daar wel n plan gemaak kan word vir markies tente, dan kan dit maar reen en die wind kan waai en alles gaan normaal weg aan.Die organiseerdes moet rond bel en hoor of hulle nie sponsers kan kry vir die tente nie. Dit is my 4de jaar wat ek n stalletjie het by die varingfees, en dit was die eerste keer dat die reen alles verwoes het.Die ander probleem wat DRINGEND aandag moet kry, is die feit dat Computicket se mense die kinders verneuk met hulle hek gelde. My broer se seun en maaitjie wat 10 jaar oud is het R110 vir toegang betaal i.p.v R55 en vir die rides R100 gevra i.p.v R50, my vriendin se kins wat 3-4 jaar oud is wat GRATIS moes inkom moes R 110 betaal. Hoeveel ander kinders wat net afgelaai is met n geldjie het reg betaal ??? Dit is wragtag n skande.
Gepos op November 11, 2009 - 19:51:18
Jissi maar julle kla darem . snaaks hoe mense ( wil nie judge ) ontsteld raak waneer dinge nie na wense is nie . Julle was by die VERKEERDE FEES , >> ONS HET N JESUS FEES gehou inni Velodrome , gratis en dit was droog . goeie klank deur Werner, lekker geworship en net ge chill . ..... ons het darem iets weer terug gegee Koningryk toe , ons tyd in eenheid was heilig en kosbaar . Die suid afrikaaners wil te veel shows en feeste hê. spandeer duisende .... oor wat nou eintlik >> om mense op te hemel as idols !!!!! we wil be held accountable
blessings en groete Anton
Gepos op November 11, 2009 - 16:08:32
sanette@jsjcon.co.za skryf...
Baie dankie julle weereens vir 'n great fees. Bitter spyt ek kon nie Vrydagaand daar wees nie (sou graag vir Isak Davel & Kurt wou sien), maar was darem Saterdag daar tot in Bobby se optrede. Great gewees, Andriette tops, Jason nie so hot nie. Sou bitter graag vir Nicolis Louw daar wou gesien het!!! Is daar dalk moontlikheid van onderdak tente vlg. jaar - dan maak die weer mos nie saak nie. Kostent was uitstekend! Dankie julle en doen so voort!
Gepos op November 11, 2009 - 11:48:49
tretief@eceng.co.za skryf...
Baie dankie vir 'n lekker fees Vrydagaand. Ek het Eden en Kurt baie geniet. Sondag se diens was ook baie geseend gewees! Sien julle volgende jaar! Tertius
Gepos op November 11, 2009 - 10:51:23
derik.duplessis@googlemail.com skryf...
Ek wil net weet of dit moontlik is dat julle in die toekoms tente kan voorsien waaronder die feesgangers kan sit en na die kunstenaars kyk. Dit dien as beskutting teen die wind en vir ingeval dit reen hoef die fees nie weer gekanselleer te word nie. Nog n rede hiervoor is dat feesgangers lank voor die tyd kaartjies koop en indien dit gekanseleer word is dit n groot verlies. Dit sal die fees ook baie meer suksesvol maak.
Gepos op November 10, 2009 - 21:32:00

Slegs die nuutste kommentaar wys. Jy benodig JavaScript om almal te sien.


 

Computicket besprekings

Doen nou aansoek vir jou stalletjie!

Stembus

Vind ons op Facebook

Twitter

 
© Kopiereg 2010 | MTN Varingfees | Alle regte voorbehou
Webtuiste geskep deur Krystal IT Solutions